Sy het sy pen geleen. Dis waar dit begin het. Hy was 23, sy het langs sy tafel kom staan in die kafeteria op verdieping vier, ’n tikkie jasmyn skielik in die lug. Sewentien jaar later is sy steeds spoorloos weg — en Die Rubriek sê sy woon in die buiteland.
Die volledige lêer is gratis. Teken in op die argief en dit kom dadelik na jou toe, saam met elke nuwe lêer wat hierna uitgereik word.
Betree die ArgiefWil jy net die lêer hê? Dis joune, sonder voorwaardes — laai dit hier af (PDF, 1,5 MB).
’n Herwonne dagboekinskrywing van [Kodenaam Argivaris], gedateer Maandag, 29 Februarie 2016 — saam met die bewysstukke wat by die inskrywing gelias is: die toegangskaart, die brief van Die Rubriek se prokureurs, ’n SAPD-vorm wat niks vorder nie, en ’n kaart wat haastig agterop ’n kwitansiestrokie gekrabbel is.
Die man wat dit geskryf het, het sewentien jaar lank gesoek. Die instelling waarvoor hy werk, sê daar is niks om te soek nie. Sy eie notas sê iets anders: ’n woord wat sy eens op ’n tyd per ongeluk uitgeblaker het, en ’n dreigement om daaroor stil te bly.
“Die Rubriek hou nie van los drade nie. Wat verlore gaan, word gemerk. Wat gemerk is, word herwin. Waar iets herwin word, is daar gevolge.”
Die Kafeteria is ’n herwonne fragment uit Sluip-Sluip — Die Duister is Uit, en dit lees op sy eie. Jy het niks anders nodig om te begin nie. As jy klaar is en wil weet waar die spoor heen loop, staan die res van die katalogus op die Written Record, en die wêreld self word verduidelik by Die Rubriek.
Elke paar weke word ’n nuwe lêer uit die argief uitgereik — eerste op Substack, gratis, in Afrikaans. Niks anders nie.
Die Kafeteria is a free 32-page Afrikaans noir zine from Die Rubriek, the fictional archive of a haunted Pretoria media house. It is a recovered diary entry, dated 29 February 2016: in 1999 a young archivist lends a woman his pen in the staff cafeteria; seventeen years later she is still missing, and the institution that employs him insists she lives abroad. Filed with it are the exhibits — an access card, a letter from the company’s attorneys, a police form that goes nowhere, and a map scrawled on the back of a till slip. It is written in Afrikaans and reads on its own. Free to download, free to pass on. Start at the Written Record if you want the rest.